Doel van die webblad

Ek het hierdie projek begin nadat ek gesien het hoe min navorsing oor die begaafde kind sedert die oorskakeling vanaf 'n gedifferensieerde onderwysstelsel na 'n inklusiewe een plaasgevind het. Die oorskakeling het veroorsaak dat spesialiseringskursusse soos die B.Ed (Begaafdekindonderwys) aan universiteite gestaak is in die guns van kursusse oor inklusiewe onderwys. Op sy beurt het … Lees voort Doel van die webblad

Boekresensie: James en die reuse perske

Deur Roald DahlISBN 978-0-7981-7279-0 James bly by sy tantes - en hulle is aaklige mense. Hoekom het daai simpel renoster sy ouers opgeëet?! Gelukkig ontmoet hy die ou man wat sy lewe verander… Roald Dahl is my heel gunsteling skrywer. Hierdie boek was baie interessant en ek dink dis perfek vir kinders met ‘n groot … Lees voort Boekresensie: James en die reuse perske

Boekresensie: Die seerowers en die spookskip

Deur Jonny DuddleISBN 978-0-7981-8113-6 ‘n Aksiebelaaide boek vir beginnerlesers! Die seerowers beroof elke maand die dorpie met die naam Grootgaapbaai. Basjan en Matilda probeer hulle stop - kan hulle dit regkry..? Ek is MAL oor seerowers! Dis hoekom hierdie boek perfek was vir my… Deur Chrisjan (9-jaar oud)

Boekresensie: Speurder Kwaaikofski – Omnibus 1

Skrywer: Jürgen Banscherus Kwaaikofski is ‘n privaatspeurder. Sy gunsteling kougom is Carpenters en jy kry dit net by Olga se kiosk. Maar die kougom begin verdwyn.. Hierdie is net een van die raaisels wat Kwaaikofski moet oplos. Die boek was baie spannend en opwindend. Jürgen Banscherus het net een fout: daar is nie baie snaakse … Lees voort Boekresensie: Speurder Kwaaikofski – Omnibus 1

Boekresensies deur ywerige lesers

‘n Nuutjie op die webwerf, boekresensies deur ywerige lesers - vir kinders, deur kinders. Ek hoop hierdie resensies sal ander kinders aanspoor om die boeke te lees ... Een van die belangrikste dinge vir ‘n taalonderwyser is dat leerders moet lees, maar veral met begrip moet lees. Dit is natuurlik waar ten opsigte van alle … Lees voort Boekresensies deur ywerige lesers

Oorsake vir onderprestasie

Verskeie faktore kan daartoe bydra dat begaafde leerders onderpresteer. In hierdie artikel fokus ek op die faktore wat deur Reis en McCoach (2002) geïdentifiseer is. Begaafde onderpresteerders presteer aanvanklik goed, maar hulle raak verveeld en gefrustreerd deur 'n kurrikulum in die laerskool wat nie op hulle vlak van ontwikkeling gebaseer is nie. Daar is 'n … Lees voort Oorsake vir onderprestasie

Aktiwiteite om begaafdes in klaskamers uit te daag om aandag te gee

Een van die belangrikste probleme waarmee begaafde leerders in klaskamers sukkel, is verveeldheid. Hulle verstaan vinniger, leer makliker en dit frustreer hulle as die ander leerders nie so maklik soos hulle verstaan nie. As hulle nie konstruktief besig gehou word nie, kan hulle klasse ontwrig. En later onderpresteer en selfs druip Verskeie strategieë kan gebruik … Lees voort Aktiwiteite om begaafdes in klaskamers uit te daag om aandag te gee

Karaktertrekke van begaafde kinders

Alle begaafde kinders is nie eenders nie, inteendeel, hulle verskil. Sommige van die karaktertrekke kan selfs onderontwikkeld wees. As 'n leerder egter 'n aantal van die karaktertrekke openbaar, is dit die moeite werd om 'n IK-toets te doen. Veral as die leerders onderpresteer. Hier volg 'n aantal karaktertrekke, ingedeel onder kognitief, kreatief, affektief en gedrag: … Lees voort Karaktertrekke van begaafde kinders

Hantering van begaafde leerders in die klaskamer – ‘n blik in die praktyk

Begaafdheid, ook hoogsbegaafdheid, is temas, maar ontvang min aandag in die navorsingswêreld van die 4de Industriële revolusie, veral in die Suid-Afrikaanse konteks (Oswald & De Villiers, 2013). ‘n Moontlike rede daarvoor is dat die regering na 1994 weg beweeg het van spesifieke groeperings van spesifieke vermoëns na onderwys vir almal. Die fokus het verskuif vanaf … Lees voort Hantering van begaafde leerders in die klaskamer – ‘n blik in die praktyk