Wat is begaafdheid?

Die term begaafdheid is aanvanklik gebruik om na uitsonderlike intellektuele vermoëns te verwys, gemeet met ‘n erkende intelligensietoets. ‘n IK-telling van hoër as 130 is aanvanklik as begaafd beskou.

Later is egter gemeen dat die term veel meer as intellektuele vermoëns omskryf.

Teen 1988 is die United States Office of Education se definisie aanvaar, naamlik dat begaafdheid kan verwys na bogemiddelde potensiaal of aanleg in een van die volgende afdelings:

  • algemene intellektuele vermoëns
  • spesifieke akademiese aanleg
  • kreatiewe en produktiewe denke
  • aanleg vir visuele en uitvoerende kunste, en
  • psimotoriese vermoëns

Hierdie kategorieë van begaafdheid word in hierdie artikel verder omskryf.

Die werkkomitee: Onderwys vir hoogbegaafde leerders het begaafdheid in lyn met die bostaande beskryf as die besondere potensiaal wat die mens in staat stel om op verskeie terreine, of ‘n spesifieke een, hoog te presteer.

Vir alle praktiese doeleiendes word hierdie vorms van besondere vermoëns onder die term ‘begaafdheid’ ingesluit.

Aangesien ek nie oor kennis van elkeen .van die kategorieë beskik nie, gaan ek hoofsaaklik op die intellektueel-begaafde kind fokus. Indien jy ‘n kenner op een van die ander gebiede is, sal ek nogal baie opgewonde wees as jy aanbied om te help skryf aan artikels oor die res van die kategorieë.

Gesels gerus saam.

Bronne

  1. Coetzer, I.A. 1987. Enkele tendense rondom begaafdekindonderwys. 1969-1988 – ‘n oorsig. Educare, 16(1):15-22
  2. Craig, C. 1976. Human development. Englewoord Cliffs: Prentice Hall
  3. Jansen, C.A. 1987. Begeleiding van ouers met begaafde kinders: ‘n empiries pedagogiese perspektief. D.Ed. Pretoria: Unisa
  4. Olivier, A., Oosthuizen, J.D. en Wiechers, E. 1988. Begaafdekindonderwys (B.Ed), Enigste studiegieds vir OBK 401-A. Kategoriee van begaafdhede. Pretoria, Unisa.

2 gedagtes oor “Wat is begaafdheid?

  1. Ek is self n intellektueel begaafde volwassene en my man ook. Ek is n posvlak 1 onderwyser. Op skool het ons albei uitstekend gepresteer maar nadat ons gegradueer het het beide van ons om verskillende redes nie in ons beroep presteer nie. Waarskynlik omdat ons albei hoogs sensitiewe persoonlikhede het. Ook speel perfeksionisme n groot rol.

    Like

    1. Hi Henriette, jy moet nie jou prestasies in jou beroep met jou skoolprestasies vergelyk nie, dit sal jou onnodig seer maak. Jy is heeltemal reg, hoogs sensitiwiteit en perfeksionisme is twee van die karaktertrekke wat die begaafde mens se lewe kan bemoeilik. Daar is dikwels vir my vertel dat ‘n onderwyser ‘n dik vel moet ontwikkel om al die kritiek en onderstrominge in ‘n skool te hanteer. Ek stem nie saam nie en wil graag weet hoe jy dit hanteer.

      Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.