Gepubliseer in Joernaal

Taalleer: Kritiese Taalbewustheid

Hier is ‘n lekker oefening en memorandum!

Kritiese taalbewustheid

Is die volgende sinne voorbeelde van neutrale taal, partydigheid, stereotipe taal, emotiewe taal/gevoelstaal, manipulerende taal of veralgemening?

SinTipe taal
As jy groente eet, kan jy nagereg kry. 
Tieners is snobisties. 
Gee honderd rand vir die armes. Jy sal geseën word. 
Die nar is skreeusnaaks. 
Die nar is snaaks. 
Sy kan ongelooflik laag sing. 
Sy kan laag sing. 
Meisies kan net kerm en kla. 
My span het vandag die beste gespeel. 
Help my met my huiswerk of ek sê vir Ma jy rook. 
Koop hierdie haarkleur wat  jou hare voed en laat blink. 
Almal wat in hierdie skool is, is gelukkig. 
Juffrou is die beste juffrou in die skool. 
Ons skool is beter as julle skool. 
Ons het ‘n goeie skool. 
Almal hou van rugby. 
Was asseblief die kar. 
As jy die kar was, mag jy hom leen. 
Hierdie koeldrank bevat vitamines wat goed is vir jou. 
Die hele klas sukkel met Afrikaans. Nie net ek nie. 

Memorandum                                              Kritiese taalbewustheid

SinTipe taal
As jy groente eet, kan jy nagereg kry.Manipulerende taal
Tieners is snobisties.Stereotipering
Gee honderd rand vir die armes. Jy sal geseën word.Oorredende taal
Die nar is skreeusnaaks.Emotiewe taal
Die nar is snaaks.Neutrale taal
Sy kan ongelooflik laag sing.Emotiewe taal
Sy kan laag sing.Neutrale taal
Meisies kan net kerm en kla.Stereotipering
My span het vandag die beste gespeel.Partydigheid
Help my met my huiswerk of ek sê vir Ma jy rook.Manipulerende taal
Koop hierdie haarkleur wat  jou hare voed en laat blink.Oorredende taal.
Almal wat in hierdie skool is, is gelukkig.Veralgemening
Juffrou is die beste juffrou in die skool.Manipulering
Ons skool is beter as julle skool.Partydigheid
Ons het ‘n goeie skool.Neutrale taal
Almal hou van rugby.Veralgemening
Was asseblief die kar.Neutrale taal
As jy die kar was, mag jy hom leen.Manipulering/oorredende taal
Hierdie koeldrank bevat vitamines wat goed is vir jou.Oorredende taal
Die hele klas sukkel met Afrikaans. Nie net ek nie.Veralgemening

Lees ook my essays by: sandreyerskryf.wordpress.com

Gepubliseer in Afrikaans Hulp

Skryf ‘n wennertoespraak

Die baie ou kuns om goed te redeneer is besig om uit te sterf. Ons sien oral om ons dat mense net opinies het, maar niks kan bewys wat hulle kwytraak nie.

Die lekker van redeneer is om mense te oortuig, mense tot nuwe insig te bring en tot nuwe hoogtes te lei. Geniet die kuns as jy dit oefen en beoefen. Onthou om dit toe te pas in die alledaagse lewe. Maar onthou: Bewys altyd wat jy beweer!

Tot jou eie voordeel moet jy die gesindheid kweek om jou opinie met bewyse te wil gee. Dit sal jou veral baat as jy in jou werk in vergaderings, ‘n gemotiveerde opinie gee.  Dit is in vergaderings waar ons groot bydraes kan lewer. Ons kan vir vergaderings voorberei met stellings met bewyse vir die stellings. Ook kan ons voorstelle met bewyse van waar ons voorstelle sukses tot gevolg gehad het, voorberei.

En ons wil mos almal ‘n bydrae lewer, of hoe?

Lees voort “Skryf ‘n wennertoespraak”