Gepubliseer in Joernaal

Die kortverhaal of verhalende opstel Beplan die oplossing van die uitdaging!

Skryfwenke (4)

Elke goeie verhaal het ‘n interessante uitdaging wat opgelos moet word. Hierdie uitdaging word reeds in die eerste paragraaf genoem. Vir ‘n eerste paragraaf beplan ons dus vir die tyd, plek en uitdaging.

Daarna moet die skrywer dadelik beplan vir die oplossing van die uitdaging. Hierdie beplanning gaan verg dat jy mooi moet dink en alle swak oplossings moet uitskakel.

Wat die skrywer ook moet weet is dat daar ten minste twee pogings tot ‘n oplossing moet wees in sy verhaal. Hierdie twee mislukkings moet ook beplan word. Sien jy hoe die verhaal reeds in jou denke vorm aanneem?

Probeer hierdie kennis toepas:

‘n Eerste paragraaf word gegee en jy moet die oplossing onderaan neerskryf.

Sy dogter het vir die derde keer daardie week gekla oor dieselfde dogter wat haar boelie. Op ‘n whatsapp-groep. Hy het geweet net ‘n baie kreatiewe oplossing sal help. Vroeg die aand was hy in sy studeerkamer. Ses planne het in die klein kantoorasblikkie beland. Die sewende een was ‘n wenner…

Paragraaf 6: Oplossing
Skryf hier op ‘n kreatiewe manier, die beste oplossing ooit vir sulke onaanvaarbare gedrag. Gaan jy die boelie laat ly of mooi met haar werk? Of gaan jy haar verras met ‘n oplossing wat haar gaan genees?
Is daar nog moontlikhede? Wat kies jy?

Paragraaf 2-5: twee pogings om die probleem op te los. Gee ook redes waarom dit misluk het.

Jy het nou leiding gekry om vir ses paragrawe se inhoud te beplan. Kan jy sien dat jou storie sin maak? Kan jy sien hoe ongelooflik belangrik ‘n goeie oplossing is?

Unknown's avatar

Skrywer:

Ek het aan die Universiteit van Pretoria Ba.(Honns) in Afrikaans en HOD voltooi. Daarna het ek 22 jaar Afrikaans onderrig - 10 jaar in EA en 12 jaar in Afrikaans Huistaal. In Huistaal het ek 10jaar gr.12,11 en 10 onderrig. Ek het in die verlede graag gedigte en kortverhale geskryf. Verder het ek my reeks, Skryfwenke Vir Almal, ook al afgehandel en geplaas op sandreyerskryf. Ek skryf ook vir "Die begaafde Kind" lesse en oefeninge vir Afrikaans Huistaal vir gr. 10 -12. Tans is ek besig om 'n poësiehandboek te skryf.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.