Alle begaafde kinders is nie eenders nie, inteendeel, hulle verskil. Sommige van die karaktertrekke kan selfs onderontwikkeld wees. As ‘n leerder egter ‘n aantal van die karaktertrekke openbaar, is dit die moeite werd om ‘n IK-toets te doen. Veral as die leerders onderpresteer.
Hier volg ‘n aantal karaktertrekke, ingedeel onder kognitief, kreatief, affektief en gedrag:
Verstandelike vermoëns van begaafde kinders
Aan die positiewe kant kan die volgende uitgelig word.
- gevorderde abstrakte denke
- gevorderde kritiese denke
- geordende denke
- doelgerigte gedrag
- onafhanklike leerder
- diverse belangstellingsveld en vermoëns.
- geïnteresseerd in probleemoplossing en om konsepte toe te pas
- vroeë leser
- uitgebreide woordeskat
- nuuskierigheid, vra baie vrae
- gevorderde selfkritiek
- gevorderde vermoë om vol te hou
Aan die negatiewe kant kan die volgende probleem in die klaskamer skep:
- Skeptiese leerders
- Oormatige selfkritiek
Let asseblief daarop dat verskeie van hierdie karaktertrekke onderontwikkeld kan wees indien die ontwikkeling daarvan tydens vroeë kinderjare onderdruk is of indien daar nie aandag aan die ontwikkeling daarvan gegee is nie. soms sien mens dit raak in die opstelle wat die leerders skryf, of die antwoorde wat hulle gee as jy naby aan hulle belangstellingsveld beweeg.
Skeppende denke
- kreatief en skeppend
- vindingryk
- gevorderde humorsin
- fantaseer maklik
- oop vir stimuli, wye belangstellingsveld
- onafhanklike houding en sosiale gedrag (kan probleem wees)
- aanvaar self en is nie noodwendig te vinde vir sosiale norme nie
- radikalisme (soms)
- estetiese en morele toegewydheid tot sake wat vir hulle van belang is.
Begaafde leerders geniet dit gewoonlik om skeppende werk te doen, wat die skep van produkte insluit. Dit is daarom noodsaaklik om te probeer uitvind waarin hulle belang stel.
Gevoelens en emosies
Aan die positiewe kant kan die volgende uitgelig word:
- ongewone emosionele intensiteit en diepte
- sensitief
- empatie met gevoelens van ander
- gevorderde vlakke van morele oordeel
- idealisme en ‘n behoefte aan regverdigeid
Aan die negatiewe kant kan die volgende probleme in die klaskamer skep:
- hoë verwagtinge van self en ander, wat frustrasies en konflik kan veroorsaak
- verhoogde selfbewustheid, wat met gevoelens van andersheid gepaard gaan
- voel maklik seergemaak, het emosionele steun nodig
- behoefte aan konsekwentheid tussen abstrakte waardes en persoonlike dade
Laasgenoemde kan veeleisend vir ouers en onderwysers wees. Ouers merk dikwels op dat die kind so gevorderd kan redeneer en dan so uiters emosioneel kan optree. Beide karaktertrekke is kenmerkend van die begaafde kind.
Optrede en gedrag kenmerkend aan begaafde kinders
Aan die positiewe kant is die volgende opmerklike eienskappe:
- spontaan
- ongebonde entoesiasme
- intens-gefokusde passies
- buitengewone konsentrasie in areas waarin hulle belangstel
- impulsief, gretig, en begeesterd
- vra aanhoudende vrae
- onversadigbaar nuuskierig
Aan die negatiewe kant, kan die volgende probleme in die klaskamer skep:
- weerstaan verandering as met eie belangstellings bots
- baie energiek – slaap min, het min stiltetyd nodig
- gesels aanhoudend
- hoë vlakke van frustrasie – veral as hulle nie die standaarde wat hulle aan self stel of wat ander stel, kan bereik nie
- vinnige humeur, veral as hulle van mening is dat hulle misluk
Laasgenoemde eienskappe van begaafde kinders laat hulle dikwels in die moeilikheid kom. Daarom is dit noodsaaklik om aktiwiteitete ontwerp wat hulle potensiaal ontwikkel terwyl die res van die klas besig om om die werk onder die knie te kry.
Indien hierdie karaktertrekke nie gekoester word nie, kan die begaafde kind maklik motivering om te leer verloor. En dit wil mens vermy. Hierdie groep leerders, wat tot 20% van die bevolking kan uitmaak, beskik oor buitengewone potensiaal om probleme op te los. Daarom is dit ‘n groot verlies as hulle potensiaal nie ontwikkel word nie.
Naskrif: Ek, en ander opvoedkundiges, gaan gereeld artikels oor die begaafde kind skryf. Kliek op “follow” of blaai af en teken in om per e-pos verwittig te word wanneer nuwe artikels gepubliseer word. Kliek op die artikel as u daarvan hou, en blaai effens af om kommentaar te lewer as u wil bylas of vrae wil vra. Ons antwoord graag.
Bronne
- Assouline, S.G., Nicpon, M en Whiteman, C. 2010. Cognitive an psychosocial characteristics of gifted students with written language disability. Gigted Child Quaterly.
- Clark, B. 2008. Growing up gifted (7de uitgawe). Upper Saddle River, N.J: Pearson Prentice Hall.
- Kokot, S.J. Understanding giftedness: A South African perspective. Butterworths, 1992.
- Shade, R. 1991. Verbal humor in gifted students and students in general population: A comparison of spantaneous mirth and comprehension. Journal for the Education of the Gifted.
- Song, K.en Porath, M. 2006. Common and domain-specific cognitive characteristics of gifted students: an integrated model of human abilities. High Ability Studies, 16(2).
- Van Staden, C.J. 1993. Die effek van onderprestasie op die selfkonsep van die begaafde seun wat in die junior sekondêre skoolfase onderpresteer. M.Ed-verhandeling, Universiteit van Suid-Afrika: Pretoria
- Webb, J., Gore, J., Amend, E en De Vries, A. 2007. A parent’s guide to gifted children. Tuscon, AZ: Great Potential Press
Goeie more
Sal graag nuusbriewe wil ontvang!
LikeLiked by 1 person
Het jy ingeskryf? Ek sal gaan loer. Ek gaan vanjaar aandag aan die onwikkelimg. an hierdie webwerf gee. Was laas jaar baie vas.
LikeLike