Maatjies!
1. Maatjies kan lekker saamspeel:
2. Ons gooi vir mekaar bal
3. of jaag mekaar,
4. tot ons neerval!
5. Maatjies wil speelgoed deel,
6. want dan kan almal lekker speel!
7. Maar die beste is:
8. Maatjies gee vir mekaar om:
9. huil ‘n maat troos ons hom,
10. as maatjies alleen staan
11. vra ons hulle om
12. na ons toe te kom,
13. sukkel ‘n maat
14. gee ons hulp en raad.
15. Ja, maatjies staan saam,
16. want maatjies gee om!
(San Dreyer)