Ek is spesiaal
1. Ek weet beslis
2. dat ek spesiaal is,
3. want daar is net een van my
4. jy sal my nie
5. op ander plekke kry!
6. Omdat daar
7. net een van my is,
8. wil ek beslis
9. die beste ek wees
10. wat daar is.
11. Ek wil leer
12. om te probeer
13. om wat goed is te doen!
14. So kan ek wen
15. en die beste ek wees
16. wat ek ken!
(San Dreyer)