Gepubliseer in Afrikaans Hulp

Skryf ‘n wennertoespraak

Die baie ou kuns om goed te redeneer is besig om uit te sterf. Ons sien oral om ons dat mense net opinies het, maar niks kan bewys wat hulle kwytraak nie.

Die lekker van redeneer is om mense te oortuig, mense tot nuwe insig te bring en tot nuwe hoogtes te lei. Geniet die kuns as jy dit oefen en beoefen. Onthou om dit toe te pas in die alledaagse lewe. Maar onthou: Bewys altyd wat jy beweer!

Tot jou eie voordeel moet jy die gesindheid kweek om jou opinie met bewyse te wil gee. Dit sal jou veral baat as jy in jou werk in vergaderings, ‘n gemotiveerde opinie gee.  Dit is in vergaderings waar ons groot bydraes kan lewer. Ons kan vir vergaderings voorberei met stellings met bewyse vir die stellings. Ook kan ons voorstelle met bewyse van waar ons voorstelle sukses tot gevolg gehad het, voorberei.

En ons wil mos almal ‘n bydrae lewer, of hoe?

Lees voort “Skryf ‘n wennertoespraak”
Gepubliseer in Aktiwiteite

Lisa van Leesamee se dag 60 oefeninge

Ek loer gereeld wat op die internet beskikbaar is wat ouers kan gebruik om hulle kinders tuis te help ontwikkel. Hierdie oefeninge is baie oulik uiteengesit en maklik om te volg. Volgens Lisa is dit vir graad 2 …

Ons gaan vandag slim dinge leer! Ons gaan in onewe getalle tel, totale en kleingeld bereken, deel met ‘n res, ‘n storiesom uitwerk, handskrif oefen, …


Klik hier Dag 60 om na die aktiwiteite te gaan.