Ek is besig om ‘n poësiehandboek vir gr 10-12 te skryf.
As die boek voltooi is, sal dit gratis op internet beskikbaar wees. Ek sal jou laat weet.
Om jou nuuskierig te maak vir hierdie groot hulp plaas ek ‘n gedig met notas, vrae en antwoorde uit die handboek. Gebruik dit na hartelus! Hoop dit maak jou las iewers bietjie ligter!







Dis ‘n groot taak wat jy aanpak. Sterkte! Sal graag wil lees.
Ek het nie baie daarvan gehou as onderwysers vir jou ‘n gedig gee en vrae daaroor beantwoord nie en dan is jou interpretasie nie ‘korrek’ nie want hy het sy interpretasie wat ‘korrek’ was. Ek voel ‘n gedig kan vanuit verskillende perspektiewe gesien word en wat jy interpreteer en daaruit kry is nie noodwendig wat persoon B daaruit kry nie. In ‘n mate sal A + B saamstem oor sekere punte in die gedig, afhangende hoe die gedig geskryf is.
LikeLiked by 1 person
As jy jou interpretasie kan bewys met digterlike tegnieke wat in die gedig gebruik is, moet jou interpretasie aanvaar word. Dit kom neer op dat jy altyd moet kan bewys wat jy sê.
LikeLiked by 1 person
Dis presies wat ons die kinders leer ook en allerlei moontlikhede (met verwysing na die teks) word aanvaar. Wens my Onnies was so gewees op skool. Daar was net een reg/verkeerd. 🙂
LikeLike