Kritiese taalbewustheid Is die volgende sinne voorbeelde van neutrale taal, partydigheid, stereotipe taal, emotiewe taal/gevoelstaal, manipulerende taal of veralgemening? SinTipe taalAs jy groente eet, kan jy nagereg kry. Tieners is snobisties. Gee honderd rand vir die armes. Jy sal geseën word. Die nar is skreeusnaaks. Die nar is snaaks. Sy kan ongelooflik laag sing. Sy kan laag sing. Meisies kan net kerm … Lees voort Taalleer: Kritiese Taalbewustheid
Author: sandreyerskryf.wordpress.com
Poësie: Groei
Groei (Deur: San Dreyer)Moet jou nie aan die afgodevan jou vrees en seer bindnie aan die pyn van verwerpingook nie aan jou ontnugterings nie, my kind. Los dit wat jou blind laat maalagter jou pyn aan. Weet dat daar soms'n winter komwat met kil kloue die lewe om ons in ons stroop! Maar, soek in die ontnugtering in daardie pyn en … Lees voort Poësie: Groei
Die beskrywende opstel (#4) (Deur San Dreyer)
Finale wenke oor hierdie tipe opstel vir gr.10 -12 Pas tog op vir pap eindes! Dit is beslis erger as 'n pap wiel! Jou lesers gaan voel jy het absoluut hulle tyd gemors. 'n Paar gaan in die yskas krap vir vrot tamaties... 2. As 'n mens vir 'n skryfstuk beplan, is die einde die … Lees voort Die beskrywende opstel (#4) (Deur San Dreyer)
Die beskrywende opstel (#3)
(Deur San Dreyer) (Gr. 10 – 12) Die struktuur: Daar is ook ‘n begin, ‘n middel, ‘n hoogtepunt en ‘n einde in ‘n beskrywende opstel. Beplan vir die volgende struktuur: Paragraaf 1: Jy beskryf kortliks, maar baie treffend die tyd, plek, situasie/TPS (Ongeveer 3 - 4 sinne!!!) Funksie? Jy plaas die leser onmiddelik in die … Lees voort Die beskrywende opstel (#3)
Die paragraaf in die beskrywende opstel
Die beskrywende opstel (#2) (Gr. 10 – 12)(Deur San Dreyer) Die paragraaf Die paragraaf het ook ‘n begin, middel, ‘n hoogtepunt en ‘n einde. Daarvoor moet ook goed beplan word! Hier volg ‘n voorstel van ‘n Beplanning: Sin 1: Sê wat jy beskryf: Die blou hang soomloos in die lug. Sin 2-6: Beskryf … Lees voort Die paragraaf in die beskrywende opstel
Die beskrywende opstel (#1) Gr.10 – 12 (Deur: San Dreyer)
Skryf lekker kreatiewe sinne! Hierdie skryfstuk vorm deel van 'n paar skryfstukke oor die beskrywende opstel. Die opstel wat vir jou die meeste punte kan besorg. As jy dit reg doen. Ek wil by die sin begin. Omdat dit sin maak! Onthou altyd die skrywer is in kommunikasie met die leser. Jy wil jou LESER … Lees voort Die beskrywende opstel (#1) Gr.10 – 12 (Deur: San Dreyer)
Skryf ‘n wennertoespraak
(Deur San Dreyer - afgetrede Afrikaans Huistaal onderwyseres) Die baie ou kuns om goed te redeneer is besig om uit te sterf. Ons sien oral om ons dat mense net opinies het, maar niks kan bewys wat hulle kwytraak nie. Ek gee hier 'n raamwerk van vereistes vir die skryf van toesprake vir redenaarskompetisies by … Lees voort Skryf ‘n wennertoespraak
Leer vroeg ordening aan
Begaafde kinders moet ook baie belangrike bestuursvaardighede aanleer.Die eerste vaardigheid wat speel-speel op 'n baie jong ouderdom aangeleer kan word, is sortering. Of dan klassifikasie.Kom ek vertel jou hoe belangrik dit is: toe 'n bekende maatskappy 'n regruk besigheid se hulp ingeroep het, raai waar het hulle begin? Kantore en store se etikette (labelling) en … Lees voort Leer vroeg ordening aan