Gepubliseer in Joernaal

Oefen bietjie digkuns

Ek is besig om ‘n poësiehandboek vir gr 10-12 te skryf.

As die boek voltooi is, sal dit gratis op internet beskikbaar wees. Ek sal jou laat weet.

Om jou nuuskierig te maak vir hierdie groot hulp plaas ek ‘n gedig met notas, vrae en antwoorde uit die handboek. Gebruik dit na hartelus! Hoop dit maak jou las iewers bietjie ligter!

Unknown's avatar

Skrywer:

Ek het aan die Universiteit van Pretoria Ba.(Honns) in Afrikaans en HOD voltooi. Daarna het ek 22 jaar Afrikaans onderrig - 10 jaar in EA en 12 jaar in Afrikaans Huistaal. In Huistaal het ek 10jaar gr.12,11 en 10 onderrig. Ek het in die verlede graag gedigte en kortverhale geskryf. Verder het ek my reeks, Skryfwenke Vir Almal, ook al afgehandel en geplaas op sandreyerskryf. Ek skryf ook vir "Die begaafde Kind" lesse en oefeninge vir Afrikaans Huistaal vir gr. 10 -12. Tans is ek besig om 'n poësiehandboek te skryf.

3 gedagtes oor “Oefen bietjie digkuns

  1. Dis ‘n groot taak wat jy aanpak. Sterkte! Sal graag wil lees.

    Ek het nie baie daarvan gehou as onderwysers vir jou ‘n gedig gee en vrae daaroor beantwoord nie en dan is jou interpretasie nie ‘korrek’ nie want hy het sy interpretasie wat ‘korrek’ was. Ek voel ‘n gedig kan vanuit verskillende perspektiewe gesien word en wat jy interpreteer en daaruit kry is nie noodwendig wat persoon B daaruit kry nie. In ‘n mate sal A + B saamstem oor sekere punte in die gedig, afhangende hoe die gedig geskryf is.

    Liked by 1 person

      1. Dis presies wat ons die kinders leer ook en allerlei moontlikhede (met verwysing na die teks) word aanvaar. Wens my Onnies was so gewees op skool. Daar was net een reg/verkeerd. 🙂

        Like

Lewer kommentaar op Nikita Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.