Kategorieë van begaafdheid

Volgens Shirley Kokot (1992) word die volgende kategorieë van begaafdheid onderskei:

  • Buitengewone algemene intellektuele vermoëns, wat gewoonlik met behulp van ‘n IK-telling bepaal word. Alhoewel daar soms vereis word dat kinders die potensiaal op skoolvlak moet demonstreer, is daar begaafde kinders wat weens verskeie faktore nie daarin slaag nie en onderpresteer. Intellektueel begaafde kinders word gekenmerk aan ‘n buitengewone woordeskat, algemene kennis, uitgebreide woordeskat, uitstekende geheue en abstrakte denkvermoëns.
  • Buitengewone begaafdheid in ‘n spesifieke akademiese gebied, wat impliseer dat hierdie leerders in ‘n vakgebied buitengewoon presteer en in ander vakgebied gemiddeld. Hierdie leerders kan egter ook begaafde onderpresteerders wees wat verkies om slegs te presteer in die vakgebied waarin hulle belangstelling geprikkel word.
  • Buitengewone kreatiewe vermoëns, wat gekenmerk word aan oorspronklike denke en die vermoë om nuwe produkte te skep. Hierdie kinders is soepel van gedagte, onafhanklik en konformeer nie maklik nie. Hulle glo in hulle idees en toon ‘n buitengewone vermoë om betekenis te heg en probleme op te los.
  • Buitengewone leierskappotensiaal, wat verwys na die potensiaal om ander te beïnvloed. Dus manifesteer hierdie soort begaafdheid veral binne die portuurgroep. Hierdie kinders toon vroeg reeds leierseienskappe en natuurlike outoriteit. Hulle gebruik sosiale vaardighede soos takt en insig gedurende hulle interaksie met ander. Hierdie soort begaafdheid staan ook as sosiale begaafdheid bekend.
  • Buitengewone lus vir en beheer van taal, wat verwys na die vermoë om prosa, poësie en ander vorme van literatuur te skep.
  • Buitengewone talent vir uitvoerende kunste, wat verwys na sang, drama, ballet en musiek. Hierdie kategorie kan met kreatiewe begaafdheid oorvleuel. Hierdie groep leerders toon ‘n behoefte om spontaan uiting te gee aan hulle emosies en hulle bevredig hulle innerlike self deur optredes.
  • Buitengewone kunstalent, wat verwys na die vermoë om grafiese kunswerke, skilderye, beeldhouwerk en ander kunsvorme te skep en modelle te ontwerp.
  • Buitengewone psigo-motoriese vermoëns, wat spoed, krag, koördinasie, soepelheid en balbeheer insluit. Hierdie kinders presteer op die sportvelde, stel nasionale rekords op en neem later selfs internasionaal deel. Daar is gevind dat sulke begaafdes normaalweg oor ‘n gemiddelde intellektuele vermoë beskik.

Verskeie karaktertrekke van begaafde kinders is in hierdie bespreking uitgelig. In ‘n volgende artikel sal hierdie karaktertrekke en vele meer bespreek word.

BRON:

Kokot, S. 1992. Understanding giftedness: A South African Prespective. Butterworths: Durban.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.