Leer vroeg ordening aan

Begaafde kinders moet ook baie belangrike bestuursvaardighede aanleer.

Die eerste vaardigheid wat speel-speel op ‘n baie jong ouderdom aangeleer kan word, is sortering. Of dan klassifikasie.

Kom ek vertel jou hoe belangrik dit is: toe ‘n bekende maatskappy ‘n regruk besigheid se hulp ingeroep het, raai waar het hulle begin?

Kantore en store se  etikette (labelling) en organisering van dokumente en voorraad is hersien. Almal moes verdelers in lêers aanbring. Etikette op lêers, houers, mandjies aanbring. Ook op rekenaars is dieselfde stappe gevolg vir lêers daar aangebring. Doel? Sodat almal minder sal soek en meer produktief kan wees.  Soek is nie net goor nie. Dit mors ongelooflik baie tyd! En tyd is mos geld…

Kan  jy insien dat jou begaafde kind ook ander vaardighede nodig het om suksesvol te wees?

Jy sien, ons wil net kennis inprop. Belangriker is: Ons moet almal insien dat kennis uiteindelik bestuur moet word tot jou voordeel.


Dit is hierdie bestuursvaardighede wat ek graag sal wil bespreek.

Doen jou kind die guns en koop ‘n paar kleurvolle mandjies. Jy noem dit huisies. Alles om ons het huisies en moet vanaand as dit opruimtyd is in hulle huisies gaan doedoes.

Pappa en Mamma help sorteer. (Stel ‘n alarm vir opruimtyd.) Dink aan dinge met dieselfde kleur. Hulle kom almal in een houer.


Kindlief se truie kom in een houer, sy kouse  in ‘n ander ensovoorts. En hy help altyd bêre. Want klassifikasie moet geoefen word om vasgelê te word.

Naderhand het ons ‘n mandjie vir al ons wiskunde boeke. So kry elke vak sy mandjie. Met ‘n etiket. Die mandjie word naderhand ‘n lêer met verdelers.

Uiteindelik sal die lêers afdelings word in ‘n maatskappy. Met hopelik elkeen met sy eie lêers wat   behoorlik geëtiketteer is op rekenaars. 😀

Nou wat van tieners wat nooit hierdie vaardigheid aangeleer het nie? 

Hê ‘n gesprek oor soek. Hoe jy dit haat. Die rekord in die huis van dit waarvoor julle al die langste gesoek het. Maak die punt dat soek goor is en tyd mors.

En koop die veelkleurige lêers, mandjies, verdelers en etikette. En help. Help. Hulle gaan sê hulle het nie nou tyd nie. Verduidelik dat hierdie bestuursvaardigheid baie belangrik is in ‘n toekomstige werk. En sterkte. Jy sal dit kort-kort moet kontroleer en weer help.

Onthou die raad wat ek in hierdie artikel gee is baie konkreet, maar as dit ingeoefen is kan die brein makliker abstrakte klassifikasies verstaan en doen.

Uiteindelik gaan ons beweeg na die feit dat dinge in onderafdelings verdeel en dat daarin skakeling en eenheidvorming is.

2 gedagtes oor “Leer vroeg ordening aan

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.