Hier is ‘n lekker oefening en memorandum!
Kritiese taalbewustheid
Is die volgende sinne voorbeelde van neutrale taal, partydigheid, stereotipe taal, emotiewe taal/gevoelstaal, manipulerende taal of veralgemening?
| Sin | Tipe taal |
| As jy groente eet, kan jy nagereg kry. | |
| Tieners is snobisties. | |
| Gee honderd rand vir die armes. Jy sal geseën word. | |
| Die nar is skreeusnaaks. | |
| Die nar is snaaks. | |
| Sy kan ongelooflik laag sing. | |
| Sy kan laag sing. | |
| Meisies kan net kerm en kla. | |
| My span het vandag die beste gespeel. | |
| Help my met my huiswerk of ek sê vir Ma jy rook. | |
| Koop hierdie haarkleur wat jou hare voed en laat blink. | |
| Almal wat in hierdie skool is, is gelukkig. | |
| Juffrou is die beste juffrou in die skool. | |
| Ons skool is beter as julle skool. | |
| Ons het ‘n goeie skool. | |
| Almal hou van rugby. | |
| Was asseblief die kar. | |
| As jy die kar was, mag jy hom leen. | |
| Hierdie koeldrank bevat vitamines wat goed is vir jou. | |
| Die hele klas sukkel met Afrikaans. Nie net ek nie. |
Memorandum Kritiese taalbewustheid
| Sin | Tipe taal |
| As jy groente eet, kan jy nagereg kry. | Manipulerende taal |
| Tieners is snobisties. | Stereotipering |
| Gee honderd rand vir die armes. Jy sal geseën word. | Oorredende taal |
| Die nar is skreeusnaaks. | Emotiewe taal |
| Die nar is snaaks. | Neutrale taal |
| Sy kan ongelooflik laag sing. | Emotiewe taal |
| Sy kan laag sing. | Neutrale taal |
| Meisies kan net kerm en kla. | Stereotipering |
| My span het vandag die beste gespeel. | Partydigheid |
| Help my met my huiswerk of ek sê vir Ma jy rook. | Manipulerende taal |
| Koop hierdie haarkleur wat jou hare voed en laat blink. | Oorredende taal. |
| Almal wat in hierdie skool is, is gelukkig. | Veralgemening |
| Juffrou is die beste juffrou in die skool. | Manipulering |
| Ons skool is beter as julle skool. | Partydigheid |
| Ons het ‘n goeie skool. | Neutrale taal |
| Almal hou van rugby. | Veralgemening |
| Was asseblief die kar. | Neutrale taal |
| As jy die kar was, mag jy hom leen. | Manipulering/oorredende taal |
| Hierdie koeldrank bevat vitamines wat goed is vir jou. | Oorredende taal |
| Die hele klas sukkel met Afrikaans. Nie net ek nie. | Veralgemening |
Lees ook my essays by: sandreyerskryf.wordpress.com
Baie interessante lesse en sommige van die voorbeelde laat my lag!
Help My met my huiswerk of Ek sal Vir My Ma sê jy rook.
Herinner my aan broers en susters se wedywering gedurende my eie jeug!
Maar ernstig het dit my stof tot nadenke gegee; dat wanneer ek’n bietjie vrye tyd maak, ek’n vreemde taal soos hierdie moet bestudeer, dit is goed vir die verstand en het’n goeie doel!
Dankie!
God seën jou!
Larry
LikeLiked by 3 people
Ek is so beïndruk met jou kennis van Afrikaans! Ja, dit is goed vir die brein om nuwe goed aan te leer. As jy wil kan jy van my skrystukke lees
LikeLiked by 1 person
Afrikaans is ‘n baie jong, eenvoudige, maklike taal. Dit is ‘n Germaanse taal, maar sonder al die Germaanse reëls.
Geniet Afrikaanse tydskrifte op Play Store. Van watter land is jy?
LikeLiked by 1 person
Lees my essays by sandreyerskryf.wordpress.com
LikeLike
Jammer as ek myself herhaal. Ek het gister weer in my epos jou reaksie van 2024 gekry. Lees in elk geval asb my essays by Leeshoekie. Sommiges is nogal komies. Adres: sandreyerskryf@wordpress.com
LikeLike