Gepubliseer in Joernaal

Taalleer: Kritiese Taalbewustheid

Hier is ‘n lekker oefening en memorandum!

Kritiese taalbewustheid

Is die volgende sinne voorbeelde van neutrale taal, partydigheid, stereotipe taal, emotiewe taal/gevoelstaal, manipulerende taal of veralgemening?

SinTipe taal
As jy groente eet, kan jy nagereg kry. 
Tieners is snobisties. 
Gee honderd rand vir die armes. Jy sal geseën word. 
Die nar is skreeusnaaks. 
Die nar is snaaks. 
Sy kan ongelooflik laag sing. 
Sy kan laag sing. 
Meisies kan net kerm en kla. 
My span het vandag die beste gespeel. 
Help my met my huiswerk of ek sê vir Ma jy rook. 
Koop hierdie haarkleur wat  jou hare voed en laat blink. 
Almal wat in hierdie skool is, is gelukkig. 
Juffrou is die beste juffrou in die skool. 
Ons skool is beter as julle skool. 
Ons het ‘n goeie skool. 
Almal hou van rugby. 
Was asseblief die kar. 
As jy die kar was, mag jy hom leen. 
Hierdie koeldrank bevat vitamines wat goed is vir jou. 
Die hele klas sukkel met Afrikaans. Nie net ek nie. 

Memorandum                                              Kritiese taalbewustheid

SinTipe taal
As jy groente eet, kan jy nagereg kry.Manipulerende taal
Tieners is snobisties.Stereotipering
Gee honderd rand vir die armes. Jy sal geseën word.Oorredende taal
Die nar is skreeusnaaks.Emotiewe taal
Die nar is snaaks.Neutrale taal
Sy kan ongelooflik laag sing.Emotiewe taal
Sy kan laag sing.Neutrale taal
Meisies kan net kerm en kla.Stereotipering
My span het vandag die beste gespeel.Partydigheid
Help my met my huiswerk of ek sê vir Ma jy rook.Manipulerende taal
Koop hierdie haarkleur wat  jou hare voed en laat blink.Oorredende taal.
Almal wat in hierdie skool is, is gelukkig.Veralgemening
Juffrou is die beste juffrou in die skool.Manipulering
Ons skool is beter as julle skool.Partydigheid
Ons het ‘n goeie skool.Neutrale taal
Almal hou van rugby.Veralgemening
Was asseblief die kar.Neutrale taal
As jy die kar was, mag jy hom leen.Manipulering/oorredende taal
Hierdie koeldrank bevat vitamines wat goed is vir jou.Oorredende taal
Die hele klas sukkel met Afrikaans. Nie net ek nie.Veralgemening

Lees ook my essays by: sandreyerskryf.wordpress.com

Unknown's avatar

Skrywer:

Ek het aan die Universiteit van Pretoria Ba.(Honns) in Afrikaans en HOD voltooi. Daarna het ek 22 jaar Afrikaans onderrig - 10 jaar in EA en 12 jaar in Afrikaans Huistaal. In Huistaal het ek 10jaar gr.12,11 en 10 onderrig. Ek het in die verlede graag gedigte en kortverhale geskryf. Verder het ek my reeks, Skryfwenke Vir Almal, ook al afgehandel en geplaas op sandreyerskryf. Ek skryf ook vir "Die begaafde Kind" lesse en oefeninge vir Afrikaans Huistaal vir gr. 10 -12. Tans is ek besig om 'n poësiehandboek te skryf.

5 gedagtes oor “Taalleer: Kritiese Taalbewustheid

  1. Baie interessante lesse en sommige van die voorbeelde laat my lag!

    Help My met my huiswerk of Ek sal Vir My Ma sê jy rook.

    Herinner my aan broers en susters se wedywering gedurende my eie jeug!

    Maar ernstig het dit my stof tot nadenke gegee; dat wanneer ek’n bietjie vrye tyd maak, ek’n vreemde taal soos hierdie moet bestudeer, dit is goed vir die verstand en het’n goeie doel!

    Dankie!

    God seën jou!

    Larry

    Liked by 3 people

Lewer kommentaar op Lawrence Morra Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.