Ons behoort almal voortdurend die gehalte van ons skryfkuns te wil verbeter. So kan ons groei in skryfkuns. Groei is opheffend en ‘n heerlike uitdaging.
Hierdie wenke fokus op die oriëntering van die leser.
Ons skryf vir lesers en daarom moet ons vir hulle beplan. Dit is ‘n baie belangrike manier om jou skryfwerk te verbeter.
Die oriëntasie van die leser vind plaas in die eerste paragraaf. Word ‘n kortverhaal gelees, behoort daar aan die begin van die verhaal die volgende vrae by die leser te wees:
1. Nou waar is ons? (P)
2. Ook behoort ons te wonder oor die tyd. Is dit winter? Is dit gedurende die moderne tyd? Of is ons nou in die Tweede Wêreldoorlog? (T)
3. Dan behoort ons ook te wonder oor watter uitdading oorkom moet word in die verhaal. (S)
Dus is TPS (Tyd, Plek, Situasie) baie belangrik vir die oriëntasie van die leser.
Soos prosa ‘n hele eerste hoofstuk vir oriëntasie gebruik , skryf ons wat korter skryf oor TPS in die eerste paragraaf. Jy kan TPS in enige volgorde gebruik:
Sy het geweier op dinge uit te praat. (S) Ons het in stilte daar op die stoep van haar huis gestaan. (P) ‘n Koel lentebries het blare sag laat ritsel. (T) Dit was twee weke gelede. (T) Niks het verander nie. (S)
Voorbeelde vir die beskrywing van tyd:
1. Dit was Reëntyd. Kaalvoettyd. Veertig jaar terug.
2. Twintig jaar terug het lente op ons plaas gebot en groen uitgestoot soos nog nooit.
3. Nog nooit was die lente vir my so mooi soos in Septem-ber van 1978 nie.
4. Dit was die somer van 1994.
5. Dis winter. Die sneeu val. Bomme val.
Voorbeelde vir die beskrywings van uitdagings:
1. Hy was ‘n meestermanipuleerder.
2. Mense se aanvaarding is voorwaardelik.
3. Hy wou net elke stukkie skuld afbetaal.
4. Sy het geweet dat hy weet. 5. Hierdie keer sou sy die muur afbreek.
Omdat plek makliker is om te beskryf, laat ek dit uit. Onthou: ons gee nie in die kortverhaal ‘n volledige beskrywing van ‘n plek as ons ‘n oplossing vir ‘n uitdaging probeer vind nie!
Lekker beplan aan jou eerste paragraaf. As jy die oriëntering kunstig doen prikkel dit dadelik die liewe leser se aandag en wil liewe leser graag verder lees.
Lekker beplan en dan…lekker skryf!
Klink vir my goed soos die manier waarop’n film’n vasstellende skoot gebruik om die ligging te wys en wie of wat die storie vorentoe dryf.
LikeLike
Dit is reg. Ook as jy ‘n verhoogdrama kyk, werk die eerste toneel op dieselfde beginsel. Daar word die dekor, kostuums, byklanke, beligting en karakters ingespan om die orïentasie van die gehoor te doen.
LikeLiked by 1 person
Ja, dit is baie waar, en met goeie rede! Om die gehoor se aandag te trek, om van die begin af by die storie betrokke te raak, wat’n gevoel van ontdekking en die aantrekkingskrag van verwondering met afwagting toelaat wat volgende gaan gebeur, en hoe sal dit’n soort oplossing of finale afsluiting bereik; die klimaks!
Dit is baie nuttig vir almal om te oorweeg! Dankie!
LikeLike
Ek stem saam! En selfs in die kortste skryfstuk is dit nodig! Stel die leser, kyker, gehoor of luisteraar dadelik in kennis waaroor dit gaan!
LikeLiked by 1 person
Baie goed gestel, dit is presies waaroor dit gaan! Ek kon dit nie beter as jy gesê het nie!
Hou aan met die goeie werk en geniet’n heerlike dag!
Groete aan jou en joune!
LikeLike
Uitstekend opgesom. Baie dankie, San.
LikeLike
Baie dankie. Ons almal is steeds besig om te leer oor hoe om ‘n leerder te leer om goed te kan skryf.
LikeLiked by 1 person
En ek om myself te leer ….
LikeLiked by 1 person