Gepubliseer in Joernaal

Wenke vir beter gehalte skryfstukke (1)

Ons behoort almal voortdurend die gehalte van ons skryfkuns te wil verbeter. So kan ons groei in skryfkuns. Groei is opheffend en ‘n heerlike uitdaging.

Hierdie wenke fokus op die oriëntering van die leser.

Ons skryf vir lesers en daarom moet ons vir hulle beplan. Dit is ‘n baie belangrike manier om jou skryfwerk te verbeter.

Die oriëntasie van die leser vind plaas in die eerste paragraaf. Word ‘n kortverhaal gelees, behoort daar aan die begin van die verhaal die volgende vrae by die leser te wees:

1. Nou waar is ons? (P)

2. Ook behoort ons te wonder oor die tyd. Is dit winter? Is dit gedurende die moderne tyd? Of is ons nou in die Tweede Wêreldoorlog? (T)

3. Dan behoort ons ook te wonder oor watter uitdading oorkom moet word in die verhaal. (S)

Dus is TPS (Tyd, Plek, Situasie) baie belangrik vir die oriëntasie van die leser.

Soos prosa ‘n hele eerste hoofstuk vir oriëntasie gebruik , skryf ons wat korter skryf oor TPS in die eerste paragraaf. Jy kan TPS in enige volgorde gebruik:

Sy het geweier op dinge uit te praat. (S) Ons het in stilte daar op die stoep van haar huis gestaan. (P) ‘n Koel lentebries het blare sag laat ritsel. (T) Dit was twee weke gelede. (T) Niks het verander nie. (S)

Voorbeelde vir die beskrywing van tyd:

1. Dit was Reëntyd. Kaalvoettyd. Veertig jaar terug.

2. Twintig jaar terug het lente op ons plaas gebot en groen uitgestoot soos nog nooit.

3. Nog nooit was die lente vir my so mooi soos in Septem-ber van 1978 nie.

4. Dit was die somer van 1994.

5. Dis winter. Die sneeu val. Bomme val.

Voorbeelde vir die beskrywings van uitdagings:

1. Hy was ‘n meestermanipuleerder.

2. Mense se aanvaarding is voorwaardelik.

3. Hy wou net elke stukkie skuld afbetaal.

4. Sy het geweet dat hy weet. 5. Hierdie keer sou sy die muur afbreek.

Omdat plek makliker is om te beskryf, laat ek dit uit. Onthou: ons gee nie in die kortverhaal ‘n volledige beskrywing van ‘n plek as ons ‘n oplossing vir ‘n uitdaging probeer vind nie!

Lekker beplan aan jou eerste paragraaf. As jy die oriëntering kunstig doen prikkel dit dadelik die liewe leser se aandag en wil liewe leser graag verder lees.

Lekker beplan en dan…lekker skryf!

Unknown's avatar

Skrywer:

Ek het aan die Universiteit van Pretoria Ba.(Honns) in Afrikaans en HOD voltooi. Daarna het ek 22 jaar Afrikaans onderrig - 10 jaar in EA en 12 jaar in Afrikaans Huistaal. In Huistaal het ek 10jaar gr.12,11 en 10 onderrig. Ek het in die verlede graag gedigte en kortverhale geskryf. Verder het ek my reeks, Skryfwenke Vir Almal, ook al afgehandel en geplaas op sandreyerskryf. Ek skryf ook vir "Die begaafde Kind" lesse en oefeninge vir Afrikaans Huistaal vir gr. 10 -12. Tans is ek besig om 'n poësiehandboek te skryf.

8 gedagtes oor “Wenke vir beter gehalte skryfstukke (1)

      1. Ja, dit is baie waar, en met goeie rede! Om die gehoor se aandag te trek, om van die begin af by die storie betrokke te raak, wat’n gevoel van ontdekking en die aantrekkingskrag van verwondering met afwagting toelaat wat volgende gaan gebeur, en hoe sal dit’n soort oplossing of finale afsluiting bereik; die klimaks!

        Dit is baie nuttig vir almal om te oorweeg! Dankie!

        Like

      2. Baie goed gestel, dit is presies waaroor dit gaan! Ek kon dit nie beter as jy gesê het nie!
        Hou aan met die goeie werk en geniet’n heerlike dag!
        Groete aan jou en joune!

        Like

Lewer kommentaar op sandreyerskryf.wordpress.com Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.