Leesspoed kan bepaal hoe ons studiemateriaal en vrae in toetse en vraestelle beantwoord. Party mense bring outomaties hulle leesspoed af of versnel dit na gelang van behoefte. Meeste mense hou net aan lees met ‘n spoed!
Kyk maar hoe verkeerd beantwoord volwassenes hulle e-posse. Mmmm, en hoe verkeerd beantwoord leerders hulle vraestelle!
As jy ‘n vraestel skryf, is jy minder rustig as gewoonlik. Eintlik voel jy gejaagd. Daarom jaaglees jy. En neem min in. Jy besef dat dit nie sal werk in gevallestudies in vraestelle nie? Jy moet dan analiseer en advies gee of bloot jou kennis betrek om die vrae te beantwoord. Dan het ons nog nie gevra wat van begripstoetse, prosa en digkuns nie?
As jy studeer, moet jy jou leesspoed afbring om te kan inneem, verstaan en te kan onthou. Want dit is hoe jou brein werk. En dit is hoe dit is…
Lees voort “Wat Jy van Leesspoed Moet Weet”