Gepubliseer in Joernaal

Vrae by spotprent

Bestudeer die spotprent se praatborrels van links na regs. Bestudeer dan die bere van links na regs.

Let op hoe elke beer se gesigsuitdrukking en sy lyftaal sy woorde beklemtoon. Let op hoe sy handeling sy dialoog (woorde) beklemtoon. Nou verstaan jy al baie wat in die prent aangaan!

Vrae:

1. Haal uit die kleuter en pa se dialoog woorde aan wat op emosie dui. Verduidelik die teenstrydigheid in hulle emosies. (3)

2. Die pa skree. Gee twee bewyse uit die pa se praatborrel dat hy skree. (2)

3. Hoe word die pa se emosie in sy praatborrel uitgehef? (4)

4. Watter visuele inligting in die pa se gesig sluit aan by sy woorde? (2)

5. Dui die funksie van die leë papbakkies op die voorgrond aan. (1)

6. Die ma se laaste sin is in vetdruk. Lei die funksie van die vetdruk af. Noem twee ander tegnieke wat in hierdie sin vir dieselfde doel gebruik word. (3)

7. Die ma se woorde in haar laaste twee sinne is ironies ten opsigte van die pa en die kleuter se dialoog en handeling. Stem jy saam? Motiveer. (2)

8. Watter implikasie hou dit vir die gesin in as die krag vroeg in die oggend af is? (1)

9. Hoe verskil die sprokie van hierdie gesin se situasie? (2)

10. Die spotprenttekenaar wil hê die lesers moet besef daar is ‘n baie belangrike gevolg as elektrisiteit vroeg in die oggend af is. Verduidelik hierdie stelling. (1)

Moontlike antwoorde

1. Kleuter:  “pappies”, pa: ” de duiwel”. Die kleuter is teleurgesteld en ontsteld dat sy pap op is, maar die pa is baie kwaad.

2. Die sinne is in hoofletters geskryf. Daar is ‘n uitroepteken. Daar is ‘n blits vanaf die spraakborrel na die pa. (Die blits dui ook op die pa se woede.)

3. Kragwoord, hoofletters, uitroepteken en die blits aan die praatborrel.

4. Sy wenkbroue vorm ‘n v in donker swart. Sy mond is groot oop. Sy tande wys.

5. Dit hef visueel aan die leser uit waarom die pa en kleuter so ontsteld is.

6. Die vetdruk hef die ontellende feit dat die krag af is, uit. Twee uitroeptekens en die feit dat die sin laaste staan hef die saak verder uit.

7. Ja. Die ma weet dat die krag af is. Sy weet ook dat sy daarom nie pap gemaak het nie. Ironies dink pa en kleuter hulle is veronreg deur iemand. Hulle dink nie aan krag wat af is nie. Hulle oorreageer en laat ons lag.

8. Daar kan nie kos gemaak word nie. Dalk sal hulle die huis honger moet verlaat.

9. Die redes waarom die borde leeg is verskil. Gouelokkies het al die bere se pap opgeëet. By die gesin in die prent was die borde leeg omdat die krag af is en die ma nie kon pap maak nie.

10. As die elektrisiteit af is, kan dit gebeur dat mense honger gaan werk of skool toe gaan.

Lees my skryfstukke by sandreyerskryf.wordpress.com

Unknown's avatar

Skrywer:

Ek het aan die Universiteit van Pretoria Ba.(Honns) in Afrikaans en HOD voltooi. Daarna het ek 22 jaar Afrikaans onderrig - 10 jaar in EA en 12 jaar in Afrikaans Huistaal. In Huistaal het ek 10jaar gr.12,11 en 10 onderrig. Ek het in die verlede graag gedigte en kortverhale geskryf. Verder het ek my reeks, Skryfwenke Vir Almal, ook al afgehandel en geplaas op sandreyerskryf. Ek skryf ook vir "Die begaafde Kind" lesse en oefeninge vir Afrikaans Huistaal vir gr. 10 -12. Tans is ek besig om 'n poësiehandboek te skryf.

Een gedagte oor “Vrae by spotprent

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.