Gepubliseer in Afrikaans Hulp,Aktiwiteite

Opsomming van Digterlike Tegnieke/ Verstegniese Middele

        NB!  Die volgende geld vir alle tegnieke en is ongelooflik belangrik

               om poësie beter te verstaan:

  1. Bepaal eers wat die reël beteken.
  2. Kyk dan watter tegniek(e) word in die reël gebruik om die spesifieke betekenis van die reël te beklemtoon.
Tipografie:
Voorplasing, agterplasing, alleenplasing, tipografiese insnyding en tipografiese wit.Koeplet, tersine, kwatryne, kwintet, sestet en oktaaf.Kort reëls en ‘n baie lang reël.Rymposisie.Einde van ‘n strofe, einde van ‘n gedig.Leestekens (Ken hulle funksies in poësie)  
Beeldspraak:
Antonomasia, metafoor, personifikasie en vergelyking.
Jy moet kan verduidelik watter twee sake word met mekaar vergelyk!
Bv. Die atleet word vergelyk met ‘n springbok. (Funksie:  Dit hef uit dat die atleet baie vinnig is.)  
Halfrym:
Assonansie (Vokale herhaal in ‘n reël):
Bv. o-assonansie
Bokkie, bok-bok,
jy is die Bokkie van my hart .
Sien jy die ie- assonansie en die y- assonansie?

Alliterasie (Konsonante herhaal in ‘n reël):              
b-alliterasie:
Bokkie, bok-bok,                            
k-alliterasie: Bokkie, bok-bok,  
Volrym:
Blanke vers, gebroke rym, kruisrym, omarmde rym, paarrym en slagrym   
Stylfigure: (Die bekendstes)
Apostroof, ellips/weglatingsteken/beletselteken, enjambement, eufemisme/versagting, herhaling/repetisie/retoriek, hiperbool/ oordrywing, ironie, kontras/teenstelling/ of antitese, oksimoron, pleonasme, onomatopee/klanknabootsing, progressie, regressie, retoriese vraag  
Stemming/emosionele belewenis (Word veral bereik met woordkeuse en kort of lang vokale): Dit is die gevoel wat die leser kry as hy die gedig lees: Ken die volgende woordeskat: vrolik, morbied, inspirerend, hartseer, gelukkig, in verwondering.  
Tipe sprekers:
Ek-spreker (Funksie: ‘n Persoonlike ervaring verleen geloofwaardigheid aan die gedig) Alomteenwoordige spreker (Funksie: So ‘n spreker verleen objektiwiteit aan ‘n gedig.)  

Lees ook my essays by: sandreyersskryf.wordpress.com

Unknown's avatar

Skrywer:

Ek het aan die Universiteit van Pretoria Ba.(Honns) in Afrikaans en HOD voltooi. Daarna het ek 22 jaar Afrikaans onderrig - 10 jaar in EA en 12 jaar in Afrikaans Huistaal. In Huistaal het ek 10jaar gr.12,11 en 10 onderrig. Ek het in die verlede graag gedigte en kortverhale geskryf. Verder het ek my reeks, Skryfwenke Vir Almal, ook al afgehandel en geplaas op sandreyerskryf. Ek skryf ook vir "Die begaafde Kind" lesse en oefeninge vir Afrikaans Huistaal vir gr. 10 -12. Tans is ek besig om 'n poësiehandboek te skryf.

4 gedagtes oor “Opsomming van Digterlike Tegnieke/ Verstegniese Middele

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.