Hierdie skryfstuk handel oor hoe om wenke te skryf. Dit bevat ook baie goeie wenke om sielkundig voor te berei vir ‘n voorbereide toespraak.
‘N VOORBEELD VAN HOE OM WENKE TE SKRYF:
NB. ONS SKRYF WENKE, PADAANWYSINGS EN INSTRUKSIES PUNTSGEWYS, IN VOLSINNE EN IN DIE BEVELVORM(SONDER DIE UITROEPTEKEN.
HOE OM JOUSELF SIELKUNDIG VOOR TE BEREI VIR ‘N TOESPRAAK:
- Begin twee weke voor die tyd navors, skryf en oefen aan jou toespraak. As jy te min tyd het, gaan dit jou selfvertroue knou.
- Onthou dat die inhoud wat jy wil oordra belangriker is as wat die mense in die gehoor van jou gaan dink.
- Moet dus nie wonder wat die gehoor van jou gaan dink nie.
- Fokus slegs op die punt wat jy wil maak of dan die boodskap wat jy wil oordra.
- Dit is goed en reg dat jy bang voel. Dit bring die beste in jou na vore.
- Moenie teen jou vrees stry nie. Sê elke keer wat jy bang voel vir jouself dat jy mag bang wees. (Jy sal sien hoe jy sommer rustig raak.
- Doen intensiewe navorsing oor jou onderwerp. Dit sal jou soos ‘n kenner laat voel en jou selfvertroue verbeter om te praat.
- Oefen en oefen jou toespraak oor en oor. Elke keer wat jy jou toespraak oefen versterk jy jou selfvertroue.
- Oefen jou toespraak voor die spieël en kyk hoe jy staan, oogkontak maak of dalk hinderlik vroetel. Maak reg wat verkeerd is.
- As jy deeglik geoefen het moet jy iemand wat jy vertrou vra om te luister na jou toespraak. Oefen dit ‘n paar keer by hierdie persoon.
- Sien jy? Die inligting is nie wanordelik nie. As jy wenke, padaanwysings of resepte logies en puntsgewys aanbied, help jy die leser om die inligting te volg.
- Gee nou sewe wenke hoe om jou huiswerk betyds af te handel.
Wenke is altyd noodsaaklik, veral as dit kom van onderwysers wat lank in die beroep gestaan het.
LikeLike