In hierdie artikel word kritiese taalbewustheid bespreek.
Kritiese taalbewustheid
Is die volgende sinne voorbeelde van neutrale taal, partydigheid, stereotipe taal, emotiewe taal/gevoelstaal, manipulerende taal of veralgemening?
| Sin | Tipe taal |
| As jy groente eet, kan jy nagereg kry. | |
| Tieners is snobisties. | |
| Gee honderd rand vir die armes. Jy sal geseën word. | |
| Die nar is skreeusnaaks. | |
| Die nar is snaaks. | |
| Sy kan ongelooflik laag sing. | |
| Sy kan laag sing. | |
| Meisies kan net kerm en kla. | |
| My span het vandag die beste gespeel. | |
| Help my met my huiswerk of ek sê vir Ma jy rook. | |
| Koop hierdie haarkleur wat jou hare voed en laat blink. | |
| Almal wat in hierdie skool is, is gelukkig. | |
| Juffrou is die beste juffrou in die skool. | |
| Ons skool is beter as julle skool. | |
| Ons het ‘n goeie skool. | |
| Almal hou van rugby. | |
| Was asseblief die kar. | |
| As jy die kar was, mag jy hom leen. | |
| Hierdie koeldrank bevat vitamines wat goed is vir jou. | |
| Die hele klas sukkel met Afrikaans. Nie net ek nie. |
Memorandum Kritiese taalbewustheid
| Sin | Tipe taal |
| As jy groente eet, kan jy nagereg kry. | Manipulerende taal |
| Tieners is snobisties. | Stereotipering |
| Gee honderd rand vir die armes. Jy sal geseën word. | Oorredende taal |
| Die nar is skreeusnaaks. | Emotiewe taal |
| Die nar is snaaks. | Neutrale taal |
| Sy kan ongelooflik laag sing. | Emotiewe taal |
| Sy kan laag sing. | Neutrale taal |
| Meisies kan net kerm en kla. | Stereotipering |
| My span het vandag die beste gespeel. | Partydigheid |
| Help my met my huiswerk of ek sê vir Ma jy rook. | Manipulerende taal |
| Koop hierdie haarkleur wat jou hare voed en laat blink. | Oorredende taal. |
| Almal wat in hierdie skool is, is gelukkig. | Veralgemening |
| Juffrou is die beste juffrou in die skool. | Manipulering |
| Ons skool is beter as julle skool. | Partydigheid |
| Ons het ‘n goeie skool. | Neutrale taal |
| Almal hou van rugby. | Veralgemening |
| Was asseblief die kar. | Neutrale taal |
| As jy die kar was, mag jy hom leen. | Manipulering/oorredende taal |
| Hierdie koeldrank bevat vitamines wat goed is vir jou. | Oorredende taal |
| Die hele klas sukkel met Afrikaans. Nie net ek nie. | Veralgemening |
Dankie hiervoor, dit is interessant.
LikeLike
Plesier.
LikeLiked by 1 person
Ster, jy!
LikeLiked by 1 person