Gepubliseer in Afrikaans Hulp

Die beskrywende opstel – Deel II

In hierdie artikel word spesifiek op die paragraaf gefokus.

Die paragraaf

Die paragraaf het ook ‘n begin, middel, ‘n hoogtepunt en ‘n einde.

     Daarvoor moet ook goed beplan word! Hier volg ‘n voorstel van ‘n

     Beplanning:

  • Sin 1: Sê wat jy beskryf:  Die blou hang soomloos in die lug.
  • Sin 2-6: Beskryf die lug, die wolke, die seemeeue.
  • Sin 7 – 8: Hoogtepunt: Beskryf hoe hierdie mooi van die lug jou laat voel:
  • In die arms van die blou lug voel ek veilig. Dit vou my toe in my aardse tuiste. Ek voel ek behoort.
  • Sin 9 – 10: Beskryf wat die mooi blou lug jou laat besef:
  • Diep binne my weet ek – ek is deel van hierdie skepping! Dit is my huis. Spesiaal vir my voorberei! (Die skrywer besef en weet nou 3 dinge)
  • Nb!! Sin 7 – 10: Bring ware kwaliteit in jou paragraaf.

Nb! Ek gee net riglyne. Jy kan soveel sinne gebruik as wat jy wil. Die riglyne se doel is dat jy selfvertroue in jou skryfwerk moet kry.

Beplan vir die volgende elemente in elke paragraaf:

       Wenk: Skryf die paragraaf EERS op rof. Dan bring jy veranderinge uit die volgende lys aan:

  • Sinne MOET wissel in lengte: Party sinne is drie woorde lank of een woord, sewe woorde of tien woorde lank.
  • Sintuiglike waarneming: Beskryf wat jy sien, hoor, ruik, op jou vel voel en selfs proe. Die sigsintuig (sien) sal natuurlik oorheers in jou opstel, maar bring so nou en dan ander sintuie ook in.
  •  Voorbeeld:

Gehoorsintuig: Die stilte om my praat met my. Sê vir my nou mag ek rustig word.

  • Interessante werkwoorde maak jou opstel interessant.
  • Gebruik personifikasie, vergelyking en metafoor!
  • Betrek die leser deur retoriese vrae en ellips.

Let wel: Jy kan en mag hierdie voorstelle aanpas!

Toepassing:

Skryf ‘n paragraaf oor:

  1. Onder die stort.
  2. My gunsteling kledingstuk.
  3. Hierdie musiek praat met my!
  4. Biltong!
  5. Sjokolade!
  6. Om ‘n vuur te maak…
Unknown's avatar

Skrywer:

Ek het aan die Universiteit van Pretoria Ba.(Honns) in Afrikaans en HOD voltooi. Daarna het ek 22 jaar Afrikaans onderrig - 10 jaar in EA en 12 jaar in Afrikaans Huistaal. In Huistaal het ek 10jaar gr.12,11 en 10 onderrig. Ek het in die verlede graag gedigte en kortverhale geskryf. Verder het ek my reeks, Skryfwenke Vir Almal, ook al afgehandel en geplaas op sandreyerskryf. Ek skryf ook vir "Die begaafde Kind" lesse en oefeninge vir Afrikaans Huistaal vir gr. 10 -12. Tans is ek besig om 'n poësiehandboek te skryf.

4 gedagtes oor “Die beskrywende opstel – Deel II

Lewer kommentaar op sandreyerskryf.wordpress.com Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.