Hantering van begaafde leerders in die klaskamer – ‘n blik in die praktyk

Begaafdheid, ook hoogsbegaafdheid, is temas, maar ontvang min aandag in die navorsingswêreld van die 4de Industriële revolusie, veral in die Suid-Afrikaanse konteks (Oswald & De Villiers, 2013). ‘n Moontlike rede daarvoor is dat die regering na 1994 weg beweeg het van spesifieke groeperings van spesifieke vermoëns na onderwys vir almal. Die fokus het verskuif vanaf gefokusde onderrig vir ‘n klein groepie leerders met besonderse eienskappe, na inklusiewe onderwys (Kokot, 2005). Hierdie ideologie het tot gevolg gehad dat begaafde leerders minder individuele aandag ontvang in die 21ste eeuse Suid-Afrikaanse klaskamer. Die vraag wat dus ontstaan het is – hoe kan onderwysers nogsteeds in hierdie leerders se onderwysbehoeftes voorsien in hoofstroom klaskamers?

Wanneer ons kyk na ‘n normale hoofstroomklaskamer, blyk dit dat dit nie altyd maklik is om begaafde leerders te identifiseer nie.

Hoogsbegaafde leerders word dikwels verwar met leerders met aandaggebrek- hiperatiwiteitsindroom (ADHD), omdat hierdie leerders eenderse gedragspatrone kan openbaar (Hartnett, Nelson & Rinn, 2004). Dit is noodsaaklik om klasse sodoende te differensieer om aan hierdie leerders genoegsame leergeleenthede te verskaf vir optimale leer en deelname te bevorder.

Differensiasie kan op verskillende wyses toegepas word, naamlik om leerders volgens akademiese vermoëns te groepeer of om in groepe om bepaalde vaardighede aan te leer. Drie metodes word vervolgens bespreek.

Differensiasie volgens akademiese vermoëns

Groepe word gevorm deur basislyn assesseringstoetsies aan die leerders te gee aan die begin van die nuwe akademiese jaar. Die toetsies word gemerk en leerders word gegroepeer volgens hulle algemene prestasie in die toets. Die toetsies bevat ‘n aantal belangrike kernkonsepte wat deur die loop van die jaar aangeleer gaan word. Werk wat dan per kwartaal behandel word, word aangebied en gefasiliteer.

Tydens en na afloop van die les, ontvang leerders aktiwiteite wat gemik is op hulle individuele vlak. Meesal kom daar drie groepe in ‘n klas voor – leerders wat nog nie op graadvlak kan presteer nie (wat ekstra ondersteuning nodig het), leerders wat op graad vlak presteer en leerders wat bo graadvlak presteer (en gevorderde leergeleenthede gebied moet word om verveling te voorkom). Leerders wat ver bokant vlakgraad presteer word meesal as begaafde en hoogsbegaafd bestempel.

Vir leerders wat onder die graadvlak presteer, is dit dan goed om remediërende werk te gee en, soos reeds genoem, is dit goed om vir leerders wat bo graadvlak presteer aangename uitdagings te bied. Dit is belangrik om die werk bietjie meer uitdagend te maak, omrede hierdie leerders meesal verveeld raak of belangstelling verloor as hulle iets, wat vir hulle te maklik is, moet voltooi. 

‘n Redelike maklike manier om opdragte, aktiwiteite en werkstukke te differensieer, is om Bloom se Taksonomie te gebruik. Vir die leerders wat onder graadvlak presteer, kan vlak 1 en 2 aktiwiteite ontwerp word, vlak 2 – 4 kan gebruik word om aktiwiteite te ontwerp vir graadvlak presteerders en vlak 4 – 6 aktiwiteite kan ontwikkel word vir bo-gemiddelde presteerders en veral vir begaafde leerders (Meer hieroor in ‘n volgende artikel).

Differensiasie volgens bepaalde vaardighede

‘n Ander vorm van differensiasie is wanneer leerders die geleentheid gebied word om in groepe te sit en werk in ‘n klaskamer. Ons noem hierdie groepe werkstasies of werksentrums. By elke stasie leer die leerder ‘n ander vaardigheid aan wat verband hou met die tema of onderwerp asook die leeruitkoms wat bereik moet word in die spesifieke les. Leerders kry dan geleentheid om iets te bou, iets te sorteer, iets te skryf, by die rekenaar te werk of selfs na iets te luister. Die keuses is onbeperk.

Leerders sit by ‘n groep vir 10 – 15 minute en wissel dan van groep tot groep, of die werk word afgewissel (afhangend van die konteks en spasie in die klas). Hierdie tipe wisseling hou dan ook die begaafde leerder se aandag beter, omdat hulle deurgaans in beweging bly. 

Hierdie groepe hoef ook nie noodwendig volgens akademiese vermoëns gegroepeer te wees nie, maar kan juis gemengde vermoëns bevat omdat dit die sterker of begaafde leerders die geleentheid gee om leerders wat nie so goed presteer nie te help. Dit gee ‘n perfekte geleentheid om kommunikasie, kreatiwiteit, kritiese denke asook samewerking te motiveer en bevorder.

Differensiasie deur addisionele klasse te verskaf

‘n Ander manier om aan die onderrig-leer behoeftes van begaafde leerders te voorsien is om addisionele klasse vir hierdie kinders tydens die skooldag te reël. Dit bied aan onderwysers die geleentheid om ook aan die leerders wat onderpresteer, addisionele aandag te gee. Tydens hierdie addisionele klasse word begaafde leerders gegroepeer en neem hulle deel aan leeraktiwiteite wat leerdergesentreerd, is op hul eie vlak wat vir hulle ekstra uitdagings bied om hierdie gawe van hulle verder te ontwikkel en veral hul natuurlike vermoëns te ontgin en verbeter. (Hierdie sal verder bespreek word in ‘n volgende artikel).

Uit hierdie artikel blyk dat dit belangrik is om die negatiewe gevolge van die inklusiwiteitfokus van ons huidige onderwysstelsel te beperk deur begaafde leerders vroeg te identifiseer en hul nie te verwar of misdiagnoseer as leerders met ADHD nie. So ‘n verkeerde diagnose kan vir beide die leerder met ADHD en die hogsbegaafde leerder verreikende gevolge inhou.

Dit is ook duidelik dat die onderwyser in die klaskamer verskeie maniere kan gebruik om te differensieer volgens die akademiese vermoëns van die leerders om individuele aandag aan begaafde leerders te gee om sodoende meer uitdagende aktiwiteite te verskaf om leer te bevorder, dus differensiasie volgens vaardigheid of vermoëns van die leerders.

Bronne:

Hartnett, D. N., Nelson, J. M., & Rinn, A.N. 2004. Gifted or ADHD?  The possibilities of misdiagnosis. Roeper Review, 26 (2).

Kokot, S.J. 2005. Addressing Giftedness. In E. Landsberg, D Krüger & N Nel (eds). Addressing Barriers to Learning: A South African Perspective. Pretoria: Van Schaik Publishers.

Oswald, M. & De Villiers, J.M. 2013. Including the gifted learner: perceptions of South African teachers and principals. South African Journal of Education, 33(1).

8 gedagtes oor “Hantering van begaafde leerders in die klaskamer – ‘n blik in die praktyk

    1. Baie dankie vir die geleentheid dok! Ek sien uit om meer te skryf en self in die proses ook te leer. 🙏🏼

      Like

    1. Jy is baie welkom, Berna. Daar is twee maniere waarop dit gevolg kan word. Eerstens behoort daar aan die onderkant van die skerm ‘n follow-knoppie te wees. As jy daarop kliek, kry jy ‘n e-pos wanneer ‘n nuwe artikel gepubliseer word. Anders kan jy op ‘n rekenaar aan die linkerkant van die skerm afblaai en op “follow Begaafdekind Suid-Afrika” kliek en per e-pos inskryf om artikels per e-pos te ontvang. Indien jy self bydraes wil maak, kan jy my kontak.

      Like

  1. https://www.sciencedaily.com/releases/2019/11/191108074852.htm Ek kon nie op jou ‘meer oor my’ bladsy die boodskap los nie, dus doen ek dit hier. Ek het oor die afgelope klompie jare dieselfde gevind met die seuns. Hulle is baie goeie skrywers en my top skrywers was nog altyd seuns. [Ek hou nou skool in Engeland vir die afgelope amper 20 jaar], Die link wat ek hier geplaas het – nogal interessant. Ek het Ortopedagogiek op Kollege gehad – Remedierende Onderwys en daarna verder MBD gedoen = met die Hyper Aktiewe Kind daarmee ingesluit. Die kursus is genoem (ons was die laaste groep- word ook nie meer aangebied nie): Neurologiese Leergestremdhede. MBD het gestaan vir: Minimale Brein Disfunksie (die ou hulpklas kursus). Kinders met leerprobleme le my na aan die hart – meer as die hoogsbegaafde kind. Dis makliker om die hoogsbegaafde kind te stimuleer, maar die ‘sukkelaars’ kry gewoonlik die swaarste – want Onnies weet nie hoe om hulle te help nie. As ek my sin kan kry, maak ek RO ‘n MOET vir elke Onderwyser wat studeer – vir ten minste 2 jaar as ‘n hoofvak. Groete, lekker om jou blog te lees!

    Liked by 1 person

    1. Ek lees altyd lekker as jy gesels. Ek stem saam, die kind wat sukkel is na aan my hart. Hoogsbegaafdes wat presteer het ‘n magdom mense om hulle wat hulle help. Die onderwyser is net een van die skakels. Die hoogsbegaafde wat sonder daardie ondersteuning is, sukkel . En my hart is by hulle.

      Like

Laat 'n boodskap na Nikita Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.