Joernaal

Gepubliseer in Joernaal

Gr.3-gedig

Ek is spesiaal

1. Ek weet beslis
2. dat ek spesiaal is,
3. want daar is net een van my
4. jy sal my nie
5. op ander plekke kry!

6. Omdat daar
7. net een van my is,
8. wil ek beslis
9. die beste ek wees
10. wat daar is.

11. Ek wil leer
12. om te probeer
13.  om wat goed is te doen!

14. So kan ek wen
15. en die beste ek wees
16. wat ek ken!


(San Dreyer)

Gepubliseer in Joernaal

Gr.2-gedig

Maatjies!

1. Maatjies kan lekker saamspeel:
2. Ons gooi vir mekaar bal
3. of jaag mekaar,
4. tot ons neerval!
5. Maatjies wil speelgoed deel,
6. want dan kan almal lekker speel!
7. Maar die beste is:
8. Maatjies gee vir mekaar om: 
9. huil ‘n maat troos ons hom,
10. as maatjies alleen staan
11. vra ons hulle om
12. na ons toe te kom,
13. sukkel ‘n maat
14. gee ons hulp en raad.
15. Ja, maatjies staan saam,
16. want maatjies gee om!

(San Dreyer)

Gepubliseer in Joernaal

Gr.1-gedig

Van nektar tot heuning

1. Om heuning te kan maak
2. werk en werk die heuningby
3. om genoeg nektar te kry.
4. Proe ek die heuning
5. so njam, njam!
6. weet ek een ding:
7. die heuningby is ‘n kampioen,
8. want hy weet wat
9. om met nektar te doen!
(J.S. Dreyer)