Gepubliseer in Aktiwiteite,Begaafdheid,Joernaal

Hoe ontwikkel ek die begaafde kind?

Ek het onlangs ‘n webinaar van die Suid-Afrikaanse Unie vir onderwysers gelei. Waarin ek die fokus op die behoeftes van die begaafde kind geplaas het. Daarom wil ek sommer hier verder daaroor gesels, naamlik hoe ontwikkel ek die begaafde kind se kennis, vaardighede en vermoëns?

Dit is werklik moeilik om die behoeftes van elke individuele begaafde kind te bepaal. Omdat hierdie kinders uiteenlopende behoeftes kan openbaar. Sommiges – veral seuns – onderpresteer om hulle begaafdheid weg te steek. Om deur die portuur aanvaar te word. Dit is dus in die eerste plek moeilik om hierdie begaafde kinders wat onderpresteer, te identifiseer.

Ten spyte daarvan, moet begaafde kinders uitgedaag word om hulle volle potensiaal te bereik. Die vraag bly dus steeds: Wat is die behoeftes van begaafde kinders? En hoe kan hulle kennis, vaardighede en tegnieke uitgebou word?

Die eerste vaardigheid wat ontwikkel moet word, is selfregulering. Selfregulering verwys na die vermoë om ‘n taak te neem, te analiseer, te bepaal wat gedoen moet word, dit sukses te voltooi en betyds in te dien. Begaafde kinders is geneig om perfeksionisties te wees en kan te veel tyd laat verlore gaan terwyl hulle probeer om perfekte werk in te dien. Hulle moet leer dat ‘n skryfstuk of taak dalk nooit perfek gaan wees nie – op grond van hulle standaarde – maar dat dit noodsaaklik is om dit betyds in te dien. Anders lei dit tot verdere spanning – punte wat afgetrek word, onderwysers wat raas, ouers wat ontevrede is. Selfregulering is een van die belangrikste vaardigehde wat op skool ontwikkel moet word – anders kan begaafdes op skool en universiteit uitval omdat die vaardigheid nie ontwikkel is nie.

Tweedens is dit belangrik om selfgerigtheid te ontwikkel. Selfgerigtheid verwys – net soos selfregulering – na die vermoë om die taak te analiseer, te bepaal wat gedoen moet word, dit suksesvol te voltooi en in te dien. Maar daar is ‘n verdere eienskap, naamlik dat die kind ook self besluit wat nog geleer moet word. Hy of sy kan besluit om te leer om Powerpoint te gebruik om die taak te voltooi – wat nie deel van die opdrag was nie. Die kind kan die PowerPoint dan byvoorbeeld gebruik om ‘n toespraak te maak. Of leer om ‘n animasie-video te maak, wat ook nie deel van die opdrag was nie, maar iets wat die kind wou leer om die taak beter te voltooi. Dit is dus noodsaaklik om geleenthede vir selfgerigte leer te skep.

Derdens moet geleenthede vir toepassing van kennis geskep word. Hulle verstaan vinniger as ander kinders, haat dit as werk oor en oor herhaal word. As hulle ‘n konsep verstaan, moet daar na toepassing en hoër denkvlakke beweeg word – geleenthede moet geskep word om te analiseer, voeg saam, kreatiewe denke te ontwikkel.

Vierdens moet begaafde kinders leer om oor hulle denkprosesse te dink – ‘n vaardigheid wat as meta-kognisie bekend staan. ‘n Belangrike vardigheid omdat hulle moet leer om te fokus op hulle denkprosesse en waar fout kon gegaan het. Dit is ‘n belangrike vaardigheid wat help om probleme op te los.

Vyfdens moet begaafde kinders uitgedaag word. As hulle 100% vir jou vak kry, beteken dit dalk dat hulle nie uitgedaag is nie. Kyk dan weer na die vrae en hoeveel kinders 100% gekry het. Begaafde kinders moet op skool leer om mislukking te hanteer en daarom moet hulle uitgedaag word. Ek praat die afgelope ruk met begaafdes en hulle familie wat nie kan verstaan waarom hulle kinders/broers/susters op universiteit uitgeval het as hulle die potensiaal het om breinchirurge te word nie. ‘n Rede daarvoor kan wees dat hulle nie geleer het om mislukking te hanteer nie. En eerder opskop (eie besluit) as om te druip.

Ek dal in ‘n volgende artikel fokus op aktiwiteite wat begaafde kinders uitdaag om hulle potensiaal te ontwikkel. Gebruik asseblief die kommentaarblok onder om saam te gesels. Hou daarvan as die inligting bruikbaar is, vra vrae waar jy nie verstaan nie.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

6 gedagtes oor “Hoe ontwikkel ek die begaafde kind?

  1. Ek kry gereeld dat van die werklike ‘slim’ kinders wat ek sien in my praktyk nie baie goed ontwikkelde metakognitiewe vaardighede het nie. Ek het nog nooit werklik gaan lees oor die begaafde kind as ek met hierdie ‘slim’ kinders werk nie. Wonder nou self hoekom nie? So bly dat ek nou bevestiging kry uit jou werk wat my waarnemings bevestig.

    Liked by 1 person

      1. Hi. Ek vind baie slim/begaafde kinders doen baie goed op laerskool en kry dit reg met baie min moeite. Hulle luister baie keer goed in die klas en memoriseer maklik. Dit eintlik onnodig vir hulle om ‘ekstas te doen’ soos opsommings maak, want hulle ken eintlik al die werk. Dan raak die werk meer en moeiliker met die jare en dan het hulle beslis nie die nodige vaardighede opgebou nie. Skielik ervaar hulle meer anstigheid om die goeie punte te kan behou en dan begin die ouers ook meer hulp soek (nadat hulle baie bronne benut het ook soms, soos opsommings aankoop). Dis gewoonik waaneer baie van die kinders by my uitkom – Gr 7/8/9, maar huidig raak dit jonger en jonger. Party kinders ‘cope’ baie goed regdeur skool en dan begin die uitdagings eers op universiteit. Dan druip hulle dalk vir die eerste keer in hul lewe ‘n toets or eksamen. Dikwels het hulle dan ook baie probleme met tydsbeplanning, hantering van die groot volume werk, organsiasie, benutting van effektiewe sisteme, metakognisie, self-regulering, ens. En dan ongelukkig ook al die uitdagings met die leermateriaal!! (Dis hoekom ek ‘n kurus gemaak het hieroor). Die leermateriaal maak leer moeilik weens verskeie redes. Omdat baie van die studente nooit behoorlike leerstrategiee aangeleer het nie, sukkel hulle dan en oorfokus op detail, want hulle kan nie onderskei tusssen wat is belangrik en onbelangrik nie, ens. ens. Kan nog baie hieroor noem!!

        Liked by 1 person

      2. Estelle, sou jy belangstel om ‘n artikel hieroor vor die blad te slryf? Ek kan jou ‘n medeskrywer maak. Hierdie is belamgrike inligting. En presies waarom begaafde kinders onderpresteer.

        Like

Lewer kommentaar op Estelle Brettenny Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.