Boekresensies deur begaafde lesers

‘n Nuutjie op die webwerf, boekresensies deur begaafde kinders – vir kinders. Ek hoop hierdie resensies sal ander kinders aanspoor om die boeke te lees …

Een van die belangrikste dinge vir ‘n taalonderwyser is dat leerders moet lees, maar veral met begrip moet lees. Dit is natuurlik waar ten opsigte van alle vakke, maar ek praat spesifiek uit die perspektief van ‘n Afrikaanse taalonderwyseres.

Ek het ‘n kleinseun (9 jaar oud en in graad 3) wat boeke lees, maak nie saak hoe dik die boek is nie, dit word deel van sy repertoire. En as almal gelees is, begin hy op ‘n punt en lees sy gunstelinge weer ‘n keer. Tot hy ‘n nuwe titel kan kry.

Hy is nie die kenmerkende Bennie Boekwurm soort nie, speel elke oomblik wat hy kan buite saam met sy twee klein boeties, het baie maats by die skool. Maar, as almal rus, is sy boek in sy hand. En hy lees teen ‘n spoed wat my verstom.

Dit was die vakansie by die see absoluut heerlik om so op die stoep saam met die kind te sit en lees terwyl klein boete moet bed toe gaan en oupa ook die kooi gaan opsoek het as ouma nog nie die see wil groet nie. Wie kan as die hooffoto jou uitsig is te vroeg bed toe gaan?

En dan wil hy weet: Hoe dik is ouma se boek? Want hy self sit met ‘n boek met 200 bladsye in die hand.

Ek verkyk my aan hom en wens ek het sulke seuns in my matriekklas gehad.

Seuns wat vir die lekker lees. En juis omdat ek taalonderwyseres is, het ek plan gemaak om hom aan die lees te hou. Sy boekvoorraad aan te vul. Want as ‘n kind ‘n boek binne dae lees en die skool nie wil help as ek mooi vra nie, sal ek ‘n plan maak om die kind te help – voordat sy lus vir lees geblus word.

Skoolbiblioteke is Desembervakansie dig gesluit, dorpsbiblioteke is weens die pandemie steeds gesluit en om ten minste 10 boeke per maand te koop, is ‘n onbekostigbare saak. Ons praat van so R1 700.00 per maand om die kind aan te moedig om te bly lees. Of R800 per maand as ons boeke by tweedehandse winkels gaan koop. Wttar ouer het sulke geld wat rondlê?

Toe maak ek ‘n plan. Oortuig ‘n uitgewer dat die kind se leeslus aangemoedig moet word. ‘n Plan wat insluit dat hy resensies oor die boeke wat hy gelees het skryf. Die resensies onder sy naam gepubliseer word. Om ander kinders aan te moedig om met hom te gesels oor die boeke – so in die kommentaar.

Ander leerders word uitgenooi om by die resensies betrokke te raak, saam te gesels oor die boeke, soortgelyke boeke aan te beveel, aangemoedig om self te lees. En dalk ook resensies vir die webblad skryf. Kontak my gerus.

Daar is van die uitgewers se kant af selfs groter voorstelle, maar dit kan ek eers vertel wanneer dit realiseer. Hou dus hierdie spasie dop.

En wie weet, dalk ontwikkel hierdie boekresensies deur kinders vir kinders in iets groters as wat ek op die oomblik voor hoop.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.