Een van die eerste definisies van begaafdheid het vereis dat die kinders na hulle intellektuele potensiaal moet presteer. Later is eers aandag aan die begaafde onderpresteerder gegee omdat hierdie kinders oor die potensiaal beskik, maar om verskeie redes nie na potensiaal presteer nie.
Die begrip onderprestasie verwys na ‘n toestand wat ontstaan wanneer ‘n leerder se skolastiese prestasie ‘n vlak of laer is as wat op grond van sy of haar intellektuele potensiaal verwag kan word.
In skole is daar baie begaafde kinders wat nie na hulle volle potensiaal presteer nie. Hulle staan as begaafde onderpresteerders bekend.
Bronne: [kyk onder bronnelys vir volledige bronverwysing]
- Bouwer, 1984
- Connoway, 1989.
- Olivier 1981
- Van Staden, C.J. 1993. Die effek van onderprestasie op die selfkonsep van die begaafde seun wat in die junior sekondêre skoolfase onderpresteer. M.Ed-verhandeling, Universiteit van Suid-Afrika: Pretoria