Doel van die webblad

Ek het hierdie projek begin nadat ek gesien het hoe min navorsing oor die begaafde kind sedert die oorskakeling vanaf ‘n gedifferensieerde onderwysstelsel na ‘n inklusiewe een plaasgevind het. Die oorskakeling het veroorsaak dat spesialiseringskursusse soos die B.Ed (Begaafdekindonderwys) aan universiteite gestaak is in die guns van kursusse oor inklusiewe onderwys.

Op sy beurt het die klemverskuiwing daartoe bygedra dat bykans geen navorsing sedert 2000 in Afrikaans oor die begaafde kind gepubliseer is nie. Hierdie wegskuiwing van die begaafde kind is in kontras met globale navorsing waar die begaafde kind steeds in die brandpunt van navorsing is.

Globaal word baie navorsing oor die begaafde kind jaarliks gedoen, maar in Engels en ander tale.

Daar is ‘n Suid-Afrikaanse webblad vir Engelstaliges oor die gifted child, maar geen webblad vir Afrikaanse onderwysers, kinders en ouers nie.

Hierdie webblad het ten doel om inligting in Afrikaans oor die begaafde kind beskikbaar te stel en om navorsingsbevindinge oor begaafde kinders te deel sodat onderwysers, ouers en kinders bemagtig kan word om die begaafde kind te identifiseer, ondersteun en begelei.

Indien hierdie kinders nie ondersteun word nie, kan begaafde leerders, wat veronderstel is om toppresteerders te wees, uitval en selfs druip.

Navorsing toon dat 50% van alle begaafde seuns in 1980 in graad 8 onderpresteer het. Intussen is geen verdere navorsing daaroor gedoen nie.

Tog word daar globaal steeds bevind dat begaafde kinders onderpresteer. En selfs druip. Een van die redes daarvoor is dat begaafde kinders nie in voldoende in gewone klaskamers uitgedaag word nie.

Tydens gedifferensieerde onderwys kon kinders volgens intellektuele vermoëns in klasse ingedeel word. So kon aandag aan die behoeftes van begaafdes gegee word.

Tans is dit vir onderwysers bykans onmoontlik omdat hulle aandag moet gee aan die leerders wat die potensiaal het om te druip. Die fokus van die inklusiewe onderwysstelsel is nie op die ontwikkeling van individuele leerders nie, maar op die ontwikkeling van leerders wat in ‘n inklusiewe samelewing kan gaan aanpas.

Ek, en ander belangstellendes in die onderwys van die begaafde kind, gaan ‘n punt daarvan maak om ten minste een keer per week inligting oor die begaafde kind en sy of haar problematiek en vreugdes deel. Kliek op die volg knoppie op die blad (op rekenaars aan die regterkant van die skerm en op klein skerms aan die onderkant van die bladsy) om ‘n e-pos in jou e-posbus te kry sodra nuwe inligting gedeel word.

As enige persoon met kennis oor die begaafde kind belangstel om deel van hierdie projek te word, laat asseblief ‘n boodskap hier onder, dan laat weet ek hoe ek gekontak kan word.

3 gedagtes oor “Doel van die webblad

  1. Goeie môre Christa.
    Ek is baie dankbaar oor jou webwerf en dat begaafde kinders wat onderpresteer aandag kry. My jongste in Gr9 val in die kategorie. Sy punte het begin verbeter nadat ons Dr Cas Olivier se Thinking Tools sessies gedoen en die Tools begin gebruik het. As jy iets vir my seun op die tradisionele manier van onderwys verduidelik volg sy brein “hyperlinks” na konsepte wat hom interesseer en so gaan inhoud vd les verlore. MAAR wanneer hy Thinking Tools gebruik wanneer hy met leerinhoud werk gee dit hom die geleentheid om te DINK en om baie wyer as die kurrikulum en teksboek te ontdek, verbande tussen konsepte te maak en werklik (nie soos ‘n papegaai en nie met memorisering of hersiening) te leer. Ek is van mening dat jy en Cas sinvol sal kan saamwerk om begaafde kinders wat onderpresteer tekan help.
    Groete Nicholette
    NS. ‘n Laerskool juffrou het eendag vir my (ten spyte van my seun se IK uitslae gesê omdat hy nie goeie punte behaal nie, hy nie as begaafd beskou kan word nie. Dink ‘n groot deel van verdere navorsing moet gedoen word oor die rol wat onderwysers se onkundigheid oor begaafdheid prestasie en hantering van begaafde kinders se leeruitvalle het.

    Like

    1. Hallo Nicolette, dankie, ek waardeer die saamgesels.

      Dit is beslis onkundig om te beweer dat ‘n begaafde wat onderpresteer nie ‘n begaafde kind is nie. Daar is iets soos begaafde onderpresteerders. En hierdie groep kinders moet baie spesiale aandag kry om hulle potensiaal te kan verwerk.

      Like

  2. Hallo Elsie, dit is sommer wonderlik om van jou te hoor. Jou kind klink soos ‘n begaafde kind wat baie aandag kan gee as hy in iets belangstel en nie omgee om aandag te gee as hy nie geïnteresseerd is nie. Ek sou aanraai dat hy wel skool gaan en dat jy saans aandag gee aaan die areas waar hy swak doen. Eerder as om alles self te probeer behartig. Dan kan jy natuurlik hier vrae vra, ek gaan Etrecia ook vra om hier te antwoord en raad te gee. Ek dink daar is ‘n vrae en antwoorde blad, maar as daar nie is nie, gaan ek noundadelik een skep. Ek sou aanraai dat jy probeer uitvind wat hy eendag wil word, en dan daarop fokus dat hy baie hard moet werk as hy daardie droom wil bereik. Byvoorbeeld goeie punte in Wiskunde of Wetenskap. Hy is al mooi groot genoeg om dit te verstaan. As kinders ‘n doel het om na te streef, werk hulle ook harder daarvoor. Dan maak skool vir hulle sin. Jy kan ook fokus op sy belangstellings saans. Woordeskat uitbou. Fokus op spelling ook. En natuurlik skryfwerk. Dat hy verstaan dat skryfwerk belangrik is. Dit is waar hy punte kan bou in beide tale.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.